Hoe om te bid: 'n 6-stap gebedsgids - YouVersion (2024)

Posted on 2021-04-062022-08-04 by

Hoe om te bid: 'n 6-stap gebedsgids - YouVersion (1)

“Gebed”. Watter gedagtes of beelde kom by jou op wanneer jy daardie woord sien? Is dit vir jou maklik om met God te praat, of sukkel jy om tebid?

Dit voel nie altyd maklik om te weet wat om vir God te sê nie. Soms word gebed beïnvloed deur ons wanopvattings oor wat ‘n gesprek met God behoort tewees.

“Bid dan so …”

2 000 jaar gelede het Jesus sy dissipels geleer om só tebid:

Ons Vader wat in die hemel is,
laat u Naam geheilig word;
laat u koninkryk kom;
laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel.
Gee ons vandag ons daaglikse brood;
en vergeef ons ons oortredings
soos ons ook dié vergewe
wat teen ons oortree;
en laat ons nie in versoeking kom nie
maar verlos ons van dieBose.

MATTEUS 6:21

Dit is nou ‘n bekende voorbeeld hoe om te bid. Hoe pas ons dit egter toe in ons alledaagse 21 ste-eeuse lewens?

Eerstens moet ons verstaan hoe om nie te bid nie. Voordat Jesus die Ons Vader aan sy dissipels geleer het, het Hy vir hulle gesê: “Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader …” en “moenie ‘n stortvloed van woorde gebruik nie … want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Homvra.”

As God alreeds weet wat ons nodig het, dan gaan gebed nie bloot oor die woorde wat ons sê nie. As ons bid om mense te beïndruk of as ons gebed net wil afmerk, dan mis ons die krag van gebed.

Gebed is, en sal altyd, ‘n dinamiese gesprek met God wees. Wanneer ons dit besef, word die Ons Vader bevrydende optrede wat ons help om elke dag met God te praat.

  1. Fokus opnuut opGod.
  2. “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word…”

    Haal diep asem en konsentreer op hierdie woorde: “Ons Vader wat in die hemelis.”

    Asem stadig uit terwyl jy sê: “laat u Naam geheiligword.”

    Herhaal dit ‘n paar keer en skenk veral aandag aan enige van God se karaktereienskappe wat by jou opkom. Gebruik hierdie tyd om te konsentreer op hoe groot Godis.

  1. Onderwerp jou wil aan God sewil.
  2. “Laat u koninkryk kom…”

    God was nog altyd besig om sy wil op aarde te laat geskied. Dink dus nou hieroor na: wanneer jy jou wil in ooreenstemming met God se wil bring, is jy aktief op soek na sy koninkryk.

    Maak enige geraas om jou stil en vra God om jou te wys hoe jy vandag deel kan wees om sy wil te laat geskied.

  1. Laat vaar alle besorgdhede.
  2. “Gee ons vandag ons daaglikse brood…”

    Verbeel jou dat jy jou hande voor jou uit hou, asof jy wil hê God moet iets daarin plaas. Terwyl jy al jou besorgdhede aan God gee, wat gee Hy jou in ruil daarvoor?

    Noem al jou besorgdhede een-vir-een op. Probeer om met elke besorgdheid vir God te vra: “gee ons vandag ons daaglikse brood.”

    Gaan met hierdie oefening aan vir solank as wat dit nodigis.

  1. Toon berou en reageer.
  2. “en vergeef ons ons … soos ons ook dié vergewe…”

    Waaraan klou jy nog vas, wat jy moet laat vaar? Is daar enigiets wat jy nou moet bely? Dalk is dit ‘n hartseer waarvan jy nie ontslae kan raak nie, of ‘n gedrag wat jy sukkel om te verander, dalk ‘n verslawing wat jy nog nie oorkom het nie, of ‘n fout wat jy aanhoudendmaak.

    God nooi jou om te kom net soos jy is en op sy oproep te reageer. Sê vir Hom alles wat in jou gedagtes is en luister dan wat Hy vir jou wilsê.

  1. Vra God se beskerming.
  2. “… verlos ons van die Bose…”

    Ons almal is van iets gered. Waarvan het God jou bevry?

    Sê vir Hom dankie vir sy getrouheid en vertel vir Hom waar jy hulp nodig het. Oorweeg dit om namens ander mense te bid wat ook beskerming nodig het. Onthou selfs wanneer omstandighede hopeloos lyk, is niks vir God onmoontlik nie.

  1. Wees bly en dink daaroorna.
  2. Juig oor wat God in jou lewe gedoen het en wees op die uitkyk vir maniere om Hom regdeur die dag te aanbid.

    Wy dan ‘n paar minute daaraan om na te dink oor hierdie tyd saam met God. Wat het Hy aan jou openbaar? Dink daaraan om enigiets wat vir jou uitstaan, in jou YouVersion Gebedslys by tevoeg.

Wanneer ons soos Jesus begin bid, sal ons intimiteit met God begin ervaar soos Jesus dit ervaar het. Wanneer ons toelaat dat gebed ons lewe vorm, sal ons mettertyd besef dat ons te eniger tyd met selfvertroue, kwesbaarheid en in vertroue tot God kan nader.

Deel op Facebook

Deel op Twitter

Deel per e-pos

Laai Die YouVersion Bybeltoep

Die plasing is ook beskikbaar is: Engels Indonesies Duits Spaans Filippyns (Tagalog) (Tagalog) Frans Italiaans Hollands Portugees Roemeens Russies Japanees Chinees (Vereenvoudig) Chinees (Traditioneel) Koreaans Pools Viëtnamees

Hoe om te bid: 'n 6-stap gebedsgids - YouVersion (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Stevie Stamm

Last Updated:

Views: 5765

Rating: 5 / 5 (60 voted)

Reviews: 91% of readers found this page helpful

Author information

Name: Stevie Stamm

Birthday: 1996-06-22

Address: Apt. 419 4200 Sipes Estate, East Delmerview, WY 05617

Phone: +342332224300

Job: Future Advertising Analyst

Hobby: Leather crafting, Puzzles, Leather crafting, scrapbook, Urban exploration, Cabaret, Skateboarding

Introduction: My name is Stevie Stamm, I am a colorful, sparkling, splendid, vast, open, hilarious, tender person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.