GEESTELIKE DISSIPLINESREEKS: OM TE BID TOT GOD - Nader in eenvoud (2024)

Om te bid tot God is ‘n voorreg wat ons as Sy kinders het. Sukkel jy daarmee? Hier is ‘n paar idees om jou te help groei in jou gebedslewe.

Elke gelowige weet hy moet bid. Ongelukkig is gebed iets wat baie keer nagelaat word tot mense so despraat is dat hulle nie weet wat anders om te doen nie.

Ek is seker jy het al iemand die volgende hoor sê: “Wel, al wat ons nou nog kan doen is om te bid!”

Ons is almal skuldig daaraan dat ons soms eers by gebed uitkom wanneer dinge regtig sleg gaan. Ja, ‘n mens vergeet so maklik om te bid wanneer dinge goed gaan.

GEESTELIKE DISSIPLINESREEKS: OM TE BID TOT GOD - Nader in eenvoud (1)

KRAG IN GEBED.

Ons moet egter besef daar is krag in gebed – dit verander dinge.

Soms gaan ons die antwoorde op ons gebed sien, ander kere nie.

Jy weet dalk nie hoeveel mense versterk en bemoedig is omdat jy vir hulle gebid het nie.

Of wat van die vervolgde gelowiges in ander lande? Ons weet nie hoe die Here hulle beskerm het omdat ons vir hulle gebid het nie.

Maar net omdat ons nie altyd die antwoord sien nie, beteken dit nie God het nie geantwoord en in mense se lewens gewerk nie.

Maak dus elke dag ‘n punt daarvan om te bid tot God.

IDEES VIR JOU BIDTYD.

Soek vir jou ‘n stil plekkie waar jy elke dag tyd kan spandeer om te bid.

Kies ook vir jou ‘n tyd wanneer jy dit gaan doen.

Moenie jou foon saamneem nie of skakel dit af sodat jou aandag nie daardeur afgetrek word nie.

Dit is ook ‘n goeie idee om ‘n lys te maak van mense of dinge waarvoor jy wil bid.

Maar moenie probeer om altyd oor dinge te bid waarin jy glad nie belangstel nie.

Bid oor dinge wat jou na aan die hart lê.

Stort jou hart uit voor die Here – Hy waardeer jou eerlikheid!

GEESTELIKE DISSIPLINESREEKS: OM TE BID TOT GOD - Nader in eenvoud (2)

GEDAGTES WAT DWAAL.

Baie mense sukkel met gedagtes wat dwaal wanneer hulle bid.

As jy daarmee sukkel, vra die Here om jou te help om die probleem te oorkom.

Ek het die gewoonte aangekweek om my gebede te fluister, sodat ek myself kan hoor.

Dit keer dat my gedagtes dwaal en help my om gefokus te bly.

Dit gee my ook die gevoel dat ek regtig met die Here praat, iets wat nie noodwendig gebeur wanneer ek net in my gedagtes bid nie.

Gedagtes wat dwaal is egter nie altyd ‘n slegte ding nie.

Soms keer ‘n mens se gedagtes aanhoudend terug na dieselfde ding. Dan kan dit wees dat die Heilige Gees jou lei om daaroor te bid.

Maak dus seker dis nie die leiding van die Gees voor jy summier die gedagte uit jou kop sit nie.

LEER UIT JOU GEBEDE.

In een van sy boeke skryf John Ortberg dat ons vrae oor ons gebed moet vra sodat ons daaruit kan leer.

Dit kan só gedoen word:

Na jy gebid het, neem ‘n paar minute en dink na oor jou gebed. Dit is nie deel van die gebed nie, maar ‘n aparte oefening.

Hoe het jou gebed begin? Was jy bewus van God se Teenwoordigheid? Of was dit meer ‘n gevoel dat jy in geloof net met Hom begin praat het?

Was daar dele van jou gebed wat werklik ‘lewendig’ gevoel het? Het jy met tye sterk emosies of oortuigings ervaar? As jy het, wat was hulle? Het dit jou nader aan God laat beweeg of verder weg?

Het jy gesukkel tydens jou gebed? Was jy moeg of verveeld? Was daar enige ander hindernisse? Het jou gedagtes gedwaal? As dit het, waaraan het jy gedink? Waaroor het jy gebid toe dit gebeur het? wat was jou reaksie?

Het jy enigsins die gevoel gehad dat jy moes reageer op iets of iets moes doen? As jy het, wat was dit?

Wat was die algemene stemming van jou gebed? Warm en liefdevol? Moeilik of pynlik? Donker? Gerusstellend? Ontnugterend? Deurmekaar?

Skryf jou antwoorde neer. Dit kan jou help om te leer uit jou gebede.

VERENIGDE HARTE.

God nooi ons om in ‘n verhouding met Hom te staan.

Gebed is deel van hierdie verhouding.

Dallas Willard het gesê gebed is om met God te praat oor al die dinge wat ons saam met Hom doen.

Daar is definitief wonderlike dinge wat gebeur wanneer ‘n mens bid.

Die belangrikste ding is egter dat dit ons harte verenig met God s’n.

Word daarom vandag nog stil by die Here en praat met Hom.

Doen dit ook môre en die dag daarna en die dag daarna. Doen dit elke dag van jou lewe.

Laat Hom toe om jou hart te verenig met Syne, sodat Hy jou gebede kan gebruik om Sy wil op aarde te laat geskied.

GEESTELIKE DISSIPLINESREEKS:

EENHEID MET CHRISTUS

OM MET VREUGDE TE LEEF

RAAK VAN GEJAAGDHEID ONTSLAE

GEESTELIKE DISSIPLINESREEKS: OM TE BID TOT GOD - Nader in eenvoud (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Errol Quitzon

Last Updated:

Views: 5763

Rating: 4.9 / 5 (59 voted)

Reviews: 90% of readers found this page helpful

Author information

Name: Errol Quitzon

Birthday: 1993-04-02

Address: 70604 Haley Lane, Port Weldonside, TN 99233-0942

Phone: +9665282866296

Job: Product Retail Agent

Hobby: Computer programming, Horseback riding, Hooping, Dance, Ice skating, Backpacking, Rafting

Introduction: My name is Errol Quitzon, I am a fair, cute, fancy, clean, attractive, sparkling, kind person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.