Die Heilige Gees, Jesus, en gebed - Hermie van Zyl - www.bybelkennis.co.za (2024)

Is dit die HeiligeGees wat met ons praat in drome, en vir ons gesigte – en vrede – gee? Mag ekdirek met die Heilige Gees praat en vir hom iets vra, byvoorbeeld, om mygedagtes te vernuwe, ensovoorts? Wanneer ek bid, bid ek tot God alleen of kanek tot / deur Jesus ook bid?

Antwoord

Prof Hermie vanZyl antwoord:

Die vraag handelonder andere oor wie ons moet aanspreek in ons gebede.

Normaalweg sê onsdat ons tot God die Vader bid, deur Jesus, en in (die krag van) dieHeilige Gees. Christus is die Middelaar tussen ons en God (Hebreërs 7:25;9:24), daarom bid ons deur Jesus totGod (Johannes 15:16; 16:23). En die Heilige Gees is God se “Vertaler”:Die Gees weet wat die diepste bedoeling van ons hart is en “vertaal”dan ons stamelende woorde sodat die Vader sal verstaan, by wyse van spreke.Dink hier aan ‘n teks soos Romeine 8:26-27, waar staan dat ons nie mooi weetwat om te bid nie, maar dat die Gees ons in ons swakheid bystaan en dat Hyvolgens God se wil vir ons by God intree. Daar is dus ‘n innige band tussen diePersone van die Goddelike Drie-eenheid om ons swakke gebede so te verstaan enso te verhoor dat dit volgens God se wil én tot ons voordeel en geloofsgroei is.So verkry ons die “maksimum voordeel” uit ons gebede, ten spytedaarvan dat ons nie eens altyd mooi weet wat en hoe om te bid nie. (Selfs diedissipels het “gesukkel” met gebed; daarom vra hulle op ‘n keer virJesus: “Here, leer ons bid …”, Lukas 11:1.) Ons hoef ons dus niedaaroor te bekommer dat ons gebede nie “reg” sal klink vir God nie;Hy is die Een wat ons gebede reg verstaan en reg beantwoord. Daarvoor sorg Hyas Vader, as Seun en as Heilige Gees. Wat ‘n wonderlike gedagte. Ons hoef nie “diepgedagtes” uit te dink en dit in mooi woorde te klee nie. Die spreekwoordsê mos: ‘n Goeie begrip het ‘n halwe woord nodig. En God het ‘n baie goeiebegrip, as ons dit so menslik kan stel. Hy weet wat ons nodig het, nog voordatons vra (Matteus 6:7-8). Ons het nie ‘n stortvloed van woorde nodig om Hom teoortuig nie. Ons hoef ook nie vroom te klink of allerlei geleerde woorde tegebruik nie. Die Heilige Gees het al klaar ons diepste begeertes en bedoeling opgevangen dit deur Christus aan die Vaderhart bekendgemaak. Al wat God eintlik maarnet wil hê, is dat ons Hom in kinderlike vertrou sal nader; Hy sal verstaan,meer as wat ons onsself verstaan. Inderdaad, “bo verwagting, bo gebede,skenk Hy ons sy vrede”, soos ‘n sekere kerklied lui.

Bogenoemde is watons die Goddelike ekonomie kan noem as dit by gebed kom. Al Drie die Personevan die Goddelike Drie-eenheid is werksaam wanneer ons bid, elkeen op sy eiemanier. Maar dit beteken nie dat ons nie ook tot slegs een van die Persone indie Goddelike Drie-eenheid kan bid nie. Ons gebede hoef nie altyd die geyktepatroon te volg van bid tot God dieVader, deur die Seun, in die krag van die Gees nie. Hoewel diemeeste gebede in die Bybel tot God (die Vader) gerig word, is daar gevalle waardie Seun ook aanbid word. So lees onsin Johannes 14:13-14 dat ons totChristus in sy Naam kan bid. Dit klink vreemd om tot iemand te bid in sy eienaam, maar die bedoeling is waarskynlik hier om die innige band tussen gelowigeen Christus tot uitdrukking te bring. Wie in die Seun glo, leef in vollelewensgemeenskap met Hom en praat daarom vanselfsprekend met Hom en noem Hom bydie Naam. Verder, wie glo in Christus tree toe tot die kragveld van die Vaderen die Seun (Johannes 14:10-12), en verkry dan in die Naam van die Seun toegangtot die gesprek tussen die Seun en die Vader. Hierdie gedagte kom ook voor inMatteus 18:20, waar staan dat as twee of drie in die Naam van Christus vergader(d w s, met aanroeping van sy Naam), Christus in hulle midde is. En so kom dieinnige band tussen Seun en Vader ook na vore, want vers 19 sê dat die Vader diegelowiges se versoek sal toestaan; basies dieselfde gedagte as by Johannes14:13-14. Hierdie innige eenheid tussen gelowige, Vader en Seun maak dat onsgebede ook nie verval in allerlei trivialiteite nie, maar beweeg binne die wilvan God. Want dan word dit gebede wat gerig is op die Christelike lewe en dievoortsetting van Christus se werk op aarde, waardeur die Vader verheerlik word.Ook Paulus ken die aanroep van Christus se Naam. In 1 Korintiërs 1:2 praat hyvan die gelowiges in Korinte wat die Naam van Jesus Christus aanroep. Dit hetwaarskynlik as agtergrond Psalm 116:4 waar die Naam van die Here aangeroepword. Daar is dit natuurlik die Here God van die Ou Testament (OT) wataangeroep word, maar in 1 Korintiërs 1:2 word dit toegepas op Jesus Christus.Dus, net soos wat Gód in die OT aangeroep is (in die gebed), so word Jésus dieHere nou in die NT aangeroep.

Hierdie gegewensis genoegsame aanduidings vanuit die NT dat ons met vrymoedigheid tot Jesus, dieSeun, kan en mag bid.

Hoe staan dit metdie Heilige Gees? Daar is nie spesifieketekste in die Bybel wat sê dat mense pertinent tot die Gees gebid het nie. Maarsoos bo reeds genoem, is die Gees as die derde Persoon in die GoddelikeDrie-eenheid volledig God en net so ‘n Persoon as die Vader en die Seun. Hy isnie bloot ‘n onpersoonlike krag wat van God uitgaan nie. Daarom word aan hom*ook eienskappe toegeskryf wat tipies net by ‘n Persoon hoort. So word Hy in dieNT die Trooster of Voorspraak genoem wat oor die Seun getuig (Johannes 15:26); daarword verder gesê dat Hy alle dinge deursoek (1 Korintiërs 2:10), dat Hybesluite neem (Handelinge 15:28), dat Hy hoor en verkondig (Johannes 16:13),onderrig en herinner (Johannes 14:26), bid (vir ons intree, Romeine 8:27), en selfsdat ons Hom kan bedroef (Efesiërs 4:30). Dit is dus volkome geregverdig om totdie Gees te bid en Hom te vra om jou lewe voortdurend te vernuwe ooreenkomstigGod se wil. Een van die oudste belydenisse in die kerk, die belydenis van Nicea(325 nC), sê dan ook dat die Gees van die Vader en die Seun uitgaan en saam metdie Vader en Seun aanbid en verheerlik moet word. ‘n Baie ou gebed en kerklieduit die 9e eeu lui byvoorbeeld: Veni,Creator Spiritus (“Kom, o Skepper Gees”); hierdie gebed/lied roepdie Gees aan as die Een wat nuwe lewe aan die kerk sal gee. Geen wonder nie datbaie kerkliedere vandag ook direk tot die Gees gerig word. Ek haal maar een vantalle aan:

Gees van God wat in my woon,

breek die Woord vir my.

Gees van God wat in my woon,

kom en heilig my.

Troos my, sterk my, leer my, lei my.

Gees van God, kom heilig my,

breek die Woord vir my.

Wat die Heilige Gees en drome en gesigte betref – dis ‘n onderwerp op sy eie. Ek het reeds by ‘n vorige geleentheid volledig hieroor geskryf. Dit kan gevind word op ons webblad – bybelkennis.co.za. By “Soek Fasiliteit”, sleutel in: “Drome – Hermie van Zyl”, en die betrokke artikel sal dan verskyn. As daar dan nog vrae is, sal ek graag verder probeer antwoord.

Skrywer: Prof Hermie van Zyl

Die Heilige Gees, Jesus, en gebed - Hermie van Zyl - www.bybelkennis.co.za (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Greg O'Connell

Last Updated:

Views: 5769

Rating: 4.1 / 5 (62 voted)

Reviews: 93% of readers found this page helpful

Author information

Name: Greg O'Connell

Birthday: 1992-01-10

Address: Suite 517 2436 Jefferey Pass, Shanitaside, UT 27519

Phone: +2614651609714

Job: Education Developer

Hobby: Cooking, Gambling, Pottery, Shooting, Baseball, Singing, Snowboarding

Introduction: My name is Greg O'Connell, I am a delightful, colorful, talented, kind, lively, modern, tender person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.