GEBED: OM TOT GOD TE NADER - Nader in eenvoud (2024)

Gebed is ‘n gesprek met God. Wanneer ons bid, werk ons saam met God om Sy planne vir ons en vir die wêreld, tot stand te bring.

GEBED: OM TOT GOD TE NADER - Nader in eenvoud (1)

‘n Klein seuntjie word op ‘n dag na sy kamer gestuur omdat hy stout was. ‘n Rukkie later kom hy uit die kamer en sê, “Mamme, ek het gedink oor dit wat ek verkeerd gedoen het, en ek het gebid.”

“Dis gaaf,” antwoord sy ma. “As jy vir Jesus gevra het om jou te help om soet te wees, sal Hy dit doen.”

“O nee,” antwoord die seuntjie, “ek het nie vir Jesus gevra om my te help om soet te wees nie; ek het Hom gevra om mamma te help om my maar net te verdra!”

GEBED: OM TOT GOD TE NADER - Nader in eenvoud (2)

OM MET GOD TE PRAAT.

Om te bid, of met God te praat, is een van die voorregte wat ons as Sy kinders het. Dit is nie iets wat ons moet doen nie, maar iets wat ons kan doen.

Ons kan met vrymoedigheid na Hom toe gaan en enige iets vir Hom vertel. Ons kan hulp of wysheid vra, ons kan ons behoeftes en probleme voor Hom lê en nog baie meer.

Jy sien, wanneer ons bid is ons besig om saam met God te werk om Sy planne in ons lewens en in die wêreld tot stand te bring.

Dit die manier hoe ons in Sy Teenwoordigheid verskyn en nie net ons harte voor Hom uitstort nie, maar ook luister wat Hy vir ons wil sê.

LEES OOK: HOE OM JOU GEBEDSLEWE TE VERBETER

LEUENS OOR GEBED.

Die duiwel weet wat se krag daar in gebed lê, en daarom het hy allerhande slinkse plannetjies wat hy gebruik om ons te verhoed om te gid.

Hy vertel graag vir ons leuens oor gebed, soos dat dit moeilik is of nie veel vermag nie.

Hy weet dat geloof vrygestel word wanneer daar in geloof gebid word. Maar, as hy ons op een of ander manier kan laat twyfel wanneer ons bid, dan gaan ons nie met geloof bid nie. En dan het hy gewen.

KOM SOOS ‘N KIND.

God wil hê ons moet soos kindertjies na Hom toe kom.

‘n Kind, veral ‘n klein kindjie, praat oor enige iets in sy lewe. Hy is nie skaam om sy gevoelens te wys nie.

Hy sê wanneer hy iets nodig het, vra maklik hulp as hy sukkel en vertrou pa en ma om in sy behoeftes te voorsien sonder om te wonder of hulle dit gaan doen.

Hoewel ‘n kind soms aangemoedig moet word om iets te doen wat moeilik is, doen hulle baie maklik dinge wat maklik is en natuurlik vir hulle kom.

Dít is hoe God wil hê ons na Hom toe moet kom.

Hy wil hê ons moet dit in eenvoud en in geloof doen.

Hy wil ook hê ons moet Hom vertrou, soos ‘n kindjie sy ouers vertrou.

GEBED IS NIE ‘N FORMULE NIE.

Sommige mense het die idee dat God net gebede hoor wat lank is. Ander dink weer jy moet ‘n sekere stemtoon of sekere woorde gebruik.

Dit is alles dinge wat die duiwel ook kan gebruik om jou te verhoed om te bid.

Gebed hoef nie lank te wees voor God dit hoor nie. Hy hoor selfs as jy net een woord soos, “Help!” gebruik.

Dit is nie die lengte van ons gebed wat dit effektief maak nie, maar die geloof waarmee ons bid.

Wanneer jy bid, vertrou die Heilige Gees om jou te help bid. Hou aan bid tot jy voel jou gees is bevredig. Sommige dae gaan dit langer neem as ander.

Soos ek reeds gesê het, gebed is nie moeilik nie en jy hoef nie ‘n formule te volg wanneer jy bid nie.

Jy hoef nie eers ‘n sekere houding in te neem – op jou knieë, hande gevou, oë toe – nie. Jy kan net met God praat soos jy met ‘n vriend of vriendin sou praat.

Ek hou daarvan om in my stiltetyd my oë toe te maak, want dit help dat my aandag nie afgetrek word nie. Dan bid ek ook nie net in my gedagtes nie, maar saggies, sodat ek my stem kan hoor. Dit help ook dat my gedagtes nie dwaal nie en hou my gefokus.

GEBED: OM TOT GOD TE NADER - Nader in eenvoud (3)

TYE VAN GEBED.

Ons gewilligheid, of ongewilligheid, om tyd saam met God te spandeer, bepaal ons vlak van intimiteit met Hom.

Dit beteken nie jy moet elke dag ure in gebed en in die Woord spandeer nie, maar dit is tog ‘n goeie idee om soms ‘n langer tyd opsy te sit om tyd met God te spandeer.

Onthou ook om deur die dag kort gebede te bid. Jy kan byvoorbeeld net ‘n kort gebed bid voor jy ‘n vergadering bywoon. Of jy kan vir iemand bid wat saam met jou werk of wat jy iewers raakloop.

Jy kan vir God dankie sê vir al jou seëninge terwyl jy besig is om die huis skoon te maak.

Bid soos God dinge op jou hart lê. Dit gaan beteken dat jy soms baie keer ‘n dag bid, en ander kere nie so baie nie. Maar jy gaan beslis besig wees om te bid!

OM GOD SE WIL TE BID.

In 1 Johannes 5:14 staan daar: “En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens Sy wil vra.”

Dit is ‘n wonderlike belofte dat God ons gebede verhoor as ons volgens Sy wil bid.

Nou mag jy dalk wonder hoe op aarde jy gaan weet wat Sy wil is?

Maklik! Hy het Sy wil vir ons in Sy Woord laat neerskryf.

Elke belofte wat ons in God se Woord lees, is deel van Sy wil vir ons. Dit is ook waar van elke opdrag en elke beginsel. Ons kan dus elkeen van hierdie dinge net so voor God neerlê in gebed, en weet Hy hoor en sal ons gebede verhoor.

GEBED, ONS VERDEDIGINGSLINIE.

Het jy al met iemand te doen gehad, wat een of ander probleem het en al alles probeer het om daardie probleem op te los? Soms sal so ‘n mens naderhand sê, “Wel, al wat nou oorbly, is om te bid!”

Dalk het jy dit al self oor een of ander probleem gesê.

Dit is ongelukkig die verkeerde ding om te doen. Gebed moet nie die laaste ding wees wat ons doen, na ons alles anders probeer het nie.

Gebed is ons verdedigingslinie. Dis die eerste ding wat ons moet doen wanneer ons ‘n probleem het.

In Filippense 4:6-7 staan daar: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”

Kom met alles eerste na God toe.

Hy sien die groter prentjie en het die oplossing.

GEBED: OM TOT GOD TE NADER - Nader in eenvoud (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Tyson Zemlak

Last Updated:

Views: 5771

Rating: 4.2 / 5 (63 voted)

Reviews: 94% of readers found this page helpful

Author information

Name: Tyson Zemlak

Birthday: 1992-03-17

Address: Apt. 662 96191 Quigley Dam, Kubview, MA 42013

Phone: +441678032891

Job: Community-Services Orchestrator

Hobby: Coffee roasting, Calligraphy, Metalworking, Fashion, Vehicle restoration, Shopping, Photography

Introduction: My name is Tyson Zemlak, I am a excited, light, sparkling, super, open, fair, magnificent person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.